Blog

#ToeGaanJyWeg

Dit is met groot en helder strale van dankbaarheid dat ek kan sê my enkelsnit #Skyn het en doen steeds ongelooflik goed op treffersparades landwyd. Ek kan net dankie sê aan elkeen wat my ondersteun en dit aanvra op radio stasies.  Ek waardeer julle uit hart!

So staan ons aan die begin van nog 'n nuwe seisoen in my loopbaan met die vrystelling van 'n tweede enkelsnit van my nuwe album #Skyn , met die titel #ToeGaanJyWeg

#Skyn , maak nie saak hoe donker dit om jou voel nie

Goeie Dag Vriende 

​Dis heerlike lente buite maar tesame daarmee is ek ook opgewonde , want daar is lente in my hart !  

Sharoney se 2016 Somer Kersfees
Feestyd

Vriende ... Desember is 'n tyd van feesvier, liggies , geskenke , samesyn en vreugde.  Kersmusiek weerklink in winkel gange en mense is op die oog af almal in goeie luim, maar onder al die klaterblink, feesliggies en kunsmatige vreugde skuil daar baie hartseer, swaarkry en , ja ... ek is seker ook verwyte oor baie dinge wat skeefgeloop het in 2016...

Oktober 2016 Toer

Vriende ...

​Ek het so lank na die Oktober toer saam met Len Muller en Ray Dylan uitgesien en binne 'n oogwink is dit verby!!

​Ek het so baie nuwe mense ontmoet en vriende gemaak , maar bo alles het ek geleentheid gekry om ons mooi land te verken en dit alles terwyl ek doen waarvoor ek ongelooflik lief is

​Dankie aan die volgende dorpe vir die geleentheid om daar te kon kuier

Ruben Scharneck - My eie SUPERHERO
Augustus se Winde van Verandering

Augustus is die tyd van die jaar wat die winde begin waai, dit nooi die lente nader en roep die reenseisoen...Dit is ook die tyd van die jaar wanneer Matriekafskeid by skole plaasvind.  Ondersteun asb. die verskeie organisasies wat kinders wat uit minder bevoorregte agtergronde kom om ook 'n droom aand te beleef. Elke meisie verdien om #EenKeer soos 'n #Prinses te voel en elke jongman soos 'n prins.  Hier in Springs kan jy vir Leonie Cronje kontak by 071 813 0401

 

Pages