#ToeGaanJyWeg

Dit is met groot en helder strale van dankbaarheid dat ek kan sê my enkelsnit #Skyn het en doen steeds ongelooflik goed op treffersparades landwyd. Ek kan net dankie sê aan elkeen wat my ondersteun en dit aanvra op radio stasies.  Ek waardeer julle uit hart!

So staan ons aan die begin van nog 'n nuwe seisoen in my loopbaan met die vrystelling van 'n tweede enkelsnit van my nuwe album #Skyn , met die titel #ToeGaanJyWeg

Ek beskou #ToeGaanJyWeg, as my “get up and fight back” liedjie. Dit gebeur soms dat jy iemand ontmoet en dan, op die oog af lyk hieride persoon na iemand wat perfek in jou lewensprentjie kan inpas ,maar soos die tyd aanstap besef jy dat julle ideale wêrelde van mekaar verskil en dat dit moeilik raak om al die stukkies van die legkaart te laat pas...en dan... dan gebeur "Toe Gaan Jy Weg”...

“Vir ‘n oomblik voel dit of jou hart in ‘n duisend stukkies breek, maar dan besef jy dat jy eintlik beter af is sonder hierdie persoon. Jy is sterker, jy het meer hoop vir jou toekoms en jou uitkyk op die lewe is weer positief. Op jou eie is jy eintlik heeltemal gelukkig... heeltemal perfek! Jy het nie ‘n kruk nodig om jou regop te hou nie, maar ‘n steunpilaar om jou te ondersteun.

Die lewensles hieruit te leer ... Indien hierdie peroon nie kan bydra tot jou lewe, jou beroep en jou omstandigehede nie, is dit jammer maar dit is nie bedoel om te wees nie. Elkeen verdien iemand spesiaal wat saam aan ‘n toekoms kan bou en wat by jou sal staan deur al jou suksesse sowel as mislukkings.”

Ek hoop julle geniet hierdie liedjie net so baie soos ek. Luister daarvoor uit om radiostasies en stem daarvoor op treffersparades...

Ek waardeer al julle ondersteuning